Description
Oud President FW de Klerk: “Die eer van die konsep van ‘n ‘Nuwe Suid Afrika’ kom Louis Wilsenach toe. Dit weergalm selfs nou nog in 2011 !”
Die kreatiewe vors wat ons ken as die skepper van NikNaks en “Dip’nOuma” en “ek wil ‘n Simba Chippie wees” het uiteindelik sy lewe vasgevang in ink en verf, gedig, geteken geverf en geskryf. Hierdie boek, is ‘n pragstuk wat visueel asemrowend is intelektueel stimulerend, met tye diep en romanties en feitlik van ons landsake praat.
Wat regtig aangryp is die woorde in sy laaste paragraaf: “Kyk in jou spieël totdat jy Jesus daarin sien … want iets van Hom is in elkeen van ons…”
Format: print, soft cover, full colour
Size: 250mm x 210 mm, 190 pages
ISBN: 978-0-620-49082-5
Danielle –
Wat ‘n wonderlike lewensverhaal.
‘n Verrassing op elke bladsy!
Nie net ‘n biografie nie, maar gedigte en sketse en fotos …
en die kort verhale het my asem weggeslaan!!
Heerlike leesstof!