My Spesiale Joernaal van Seënwense

R85.00

Description

Die wonder van Kindwees

Die wonder en wysheid van God se skepping verbaas ons steeds elke dag. Die mens is die kroon van Sy skepping en aan elke kind het Hy sade van grootheid gegee. Elke kind is ’n God-idee: die wonder wat ons moet ontdek!

Tussen geboorte en 13 jaar is ’n kind se brein soos ’n spons wat meer kan inneem as op enige ander tydstip in hul lewens. Dit is dan dat die sinapse in hul brein die verbindings maak wat inligting soos smaak, taal, woorde, reuk, konsepte, gevoelens, ondervindings, liefde en leergierigheid stoor en verwerk.

Dit is vormende jare wat ’n kind se karakter vir altyd vaslê. Dit is die belangrikste jare van hul lewens.

Dit is juis gedurende hierdie jare dat ouers die naaste aan hul kinders is – presies wat God in gedagte gehad het. Dit is in dié tyd dat die kleingoed met duisende vrae vorendag kom. Hulle is leergierig en nuuskierig en het juis dan ’n betrokke ma en pa nodig om aandag en leiding aan hulle te gee.

Niemand het ’n meer belangrike taak in ’n kind se lewe as ’n ouer nie. Jy hou ’n klein genie in jou hande en soos klei kan jy sy of haar karakter help vorm.

Jou kind se toekoms gaan bepaal word deur jou voorbeeld en jou insette. Hierdie boek is ’n prettige gids; ’n interaktiewe joernaal wat jou kind op ’n wenpad gaan vergesel.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “My Spesiale Joernaal van Seënwense”

Your email address will not be published. Required fields are marked *