Elke Kind is ‘n God Idee – Fasiliteerdersgids

R180.00

Description

Elke Kind is ‘n God Idee – Fasiliteerdersgids

Hierdie is die fasiliteerders gids jy sal ook die werksboek nodig he: Ek is ‘n God Idee Kurrikulum Werkboek

 

Oorsig

‘n Kind tussen die ouderdom van 0 en 13 jaar het tweemaal soveel neurone in die brein as ‘n volwassene! Dit is wanneer kinders op hulle leergierig en nuuskierigste is en neem inligting op wat hulle nooit sal vergeet nie.

Salomo skryf: “Gee leiding aan ‘n kind oor hoe hy moet leef en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” Spreuke 22:6

Dit is ‘n geweldige voorreg en verantwoordelikheid om kinders te inspireer en leer. Hierdie leerplan lei elke kind om hulle eie gawes, seëninge en talente te ontdek.

Tutors besef al te goed dat vandag se kinders die mees ingeligde generasie van alle tye is. Die lesse in hierdie jaarplan is vol interessante stories en feite. Die sukses van die les hang egter af van die entoesiasme van die tutor.

Die jaarplan is ‘n opwindende ontdekkingsreis! Elke les is geskep soos padtekens wat die kinders na ‘n geseënde en gelukkige lewe sal lei. Alhoewel die aanbiedernotas genoeg bied om kinders tussen 25 en 45 minute besig te hou, moet elke aanbieder die moeite doen om persoonlike bydraes tot die lesse te maak.

Jesus het stories vertel om groot waarhede en wette van Sy Koninkryk te verduidelik. Moeilike begrippe word makliker en beter verstaan as alledaagse voorbeelde gegee word.

Ons wil nie die aanbieder lastige voorbereidingswerk gee nie, maar prentjies en plakkate kan tot die sukses van die lesse bydrae.

Ons beveel aan om die idee van die vorige les te herhaal voordat die nuwe les aangebied word. Herhaling bly steeds die beste leermeester.

Ons sal graag terugvoering van u wil ontvang oor hoe u en die kinders die lesinhoud ervaar om sodoende deurlopend verbeteringe aan te bring, waar nodig.

Ons glo elke kind is ‘n God-idee met Godgegewe saadjies van grootheid. U het nou die geleentheid om ‘n onvergeetlike bydrae tot elke kind in u klas te maak. Geniet die uitdaging!

Toekomstige sterre!

Gelukkige mense!

Toegewyde volgelinge van Jesus Christus!

Dit is waarheen almal oppad is.

Godseën en sterkte.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Elke Kind is ‘n God Idee – Fasiliteerdersgids”

Your email address will not be published. Required fields are marked *