Graad 1: Fasiliteerdersgids – Lesse van My Bybelmaatjies

Rated 5.00 out of 5 based on 2 customer ratings
(2 customer reviews)

R180.00

Die belangrikste tyd vir ’n mens op aarde is die eerste paar jaar van die lewe. Wat ’n kind in die eerste jare in sy en haar lewe leer, ondervind en sien, vorm die basis van hulle geloof en denke vir die res van hulle lewens.

Description

Oorsig

Die belangrikste tyd vir ’n mens op aarde is die eerste paar jaar van die lewe. Wat ’n kind in die eerste jare in sy en haar lewe leer, ondervind en sien, vorm die basis van hulle geloof en denke vir die res van hulle lewens.

Die Woord sê in Spreuke: “Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” En dit is ook hoekom ons Vader in die Hemel dit so beskik het dat in ’n kind se eerste jare – die allerbelangrike vormingsjare – hulle ouers die naaste aan hulle is.

Wanneer suksesvolle mense gevra word hoekom hulle so suksesvol is, dan kom die antwoord soos uit een mond: “Dit is te danke aan my ouers.”

Ouers, julle hou die sleutels tot julle kinders se toekoms in julle hande en ons glo hierdie kurrikulum is een van die sleutels wat julle gaan help om julle kinders se blink toekoms oop te sluit.

Dit is die mamma wat die sente omdraai om haar dogter se musieklesse te kan bekostig, wat eendag met trane in haar oë na haar luister wanneer sy in die groot ouditoriums van die wêreld optree.

Dit is die pappa wat sy middae opoffer om na sy seun se sportoefeninge te gaan, wat eendag met ’n knop in sy keel luister hoe die skares sy seun toejuig.

Dit is die ouer wat in die kind ’n gawe om te kan teken of dig of skryf of redeneer opmerk, wat daardie vlammetjie kan laat brand.
Wat ’n wonderlike voorreg het God in julle hande geplaas.

Godseën en sterkte,
Louis Wilsenach en Naomi Bezuidenhout


Lese van My Bybelmaatjies (Graad 1 – Fasiliteerdersgids)

Hierdie is die fasiliteerders gids jy sal ook die werksboek nodig he: Lesse van My Bybelmaatjies (Graad 1 – Werkboek)


Formaat: druk, sagteband, een kleur
Grootte: 297mm x 210 mm, 85 bladsye
Ouderdom: 5-7 jaar, Graad 1
ISBN: 978-0-9922280-4-0


2 reviews for Graad 1: Fasiliteerdersgids – Lesse van My Bybelmaatjies

  1. Rated 5 out of 5

    Hierdie kurrikulum is baie goed gekonstureer. My kind het dit baie geniet!
    Ek sal dit vir almal aanbeveel wat self hulle kinders in die Wee van die Here wil oprig.

  2. Rated 5 out of 5

    Praktiese handleiding vir enige mamma of kinderkerk juffrou, Stories is relevant en die handleiding maklik uiteen gesit. Saam met die werksboek maak dit die Bybel pret vir kleintjies!

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *