Description
Ons is baie opgewonde oor hierdie Graad 1 kurrikulum!
Ons gebruik verhale van die wonderlike kinders uit die Bybel om die jongklomp van vandag te inspireer en te bemoedig. Kinders moet vroeg al besef dat hul van kleins af bestem en geroep is vir ’n geseënde lewe.
Elke kind in die Bybel het ’n besondere les om vir vandag se kind te leer.
Jou kind gaan sommer baie nuwe Bybelmaatjies maak en belangrike lewenslesse leer.
Dit is 40 volkleur, interaktiewe lesse. Die aktiwiteite is ontwerp vir kinders in hulle graad 1 jaar, sodat dit die ander aspekte van leer ondersteun.
Die werkboek en fasiliteerdersgids vorm ’n eenheid en kan nie apart aangekoop word nie. Een fasiliteerders gids per groep en een werkboek vir elke kind word aanbeveel.
Hierdie is die werksboek vir: Lesse van My Bybelmaatjies (Graad 1 – Fasiliteerdersgids)
Formaat: druk, sagteband, volkleur
Grootte: 297mm x 210 mm, 83 bladsye
Ouderdom: 5-7 jaar, Graad 1
ISBN: 978-0-9922280-5-7
Charmaine Coetzee –
Pragtige werksboek in kleur, met relevante lessies wat die kleintjies se aandag trek. Lekker saamwerk boekie vir mamma of kinderkerk!