Graad 2: Fasiliteerdersgids – God se Wonderlike Plan vir My Lewe

Rated 5.00 out of 5 based on 1 customer rating
(1 customer review)

R180.00

’n Kind tussen die ouderdom van 0 en 13 jaar het tweemaal soveel neurone in die brein as ’n volwassene! Dit is wanneer kinders op hulle leergierigste en nuuskierigste is en inligting opneem wat hulle nooit sal vergeet nie.

Description

Oorsig

’n Kind tussen die ouderdom van 0 en 13 jaar het tweemaal soveel neurone in die brein as ’n volwassene! Dit is wanneer kinders op hulle leergierigste en nuuskierigste is en inligting opneem wat hulle nooit sal vergeet nie.

Salomo skryf: “Gee leiding aan ’n kind oor hoe hy moet leef en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.” Spreuke 22:6

Dit is ’n geweldige voorreg en verantwoordelikheid om kinders te inspireer en te leer. Hierdie leerplan lei kinders om hul gawes, seëninge en talente te ontdek. Seëninge kom uit baie oorde. Hierdie leerplan gaan ons lei om hierdie seëninge te ontdek.

Ouers besef vandag maar al te goed dat die huidige generasie kinders die mees ingeligte generasie van alle tye is. Hulle verstom ons!

Die lesse in hierdie jaarplan is vol interessanthede en feite. Die sukses van elke les hang af van die entoesiasme waarmee die ouer dit aanbied.

Hierdie jaarplan is ’n opwindende ontdekkingsreis! Elke les is soos padtekens wat die kinders na ’n geseënde en gelukkige lewe gaan lei.

Alhoewel die fasiliteerdersgids genoeg bied om kinders tussen 25 en 45 minute besig te hou, verwag ons dat elke ouer die moeite doen om persoonlike bydraes tot die lesse te maak.

Jesus het stories vertel om groot waarhede en wette van Sy Koninkryk te verduidelik. Moeilike begrippe word makliker en beter verstaan as alledaagse voorbeelde gegee word.

Ons wil nie die ouer lastige voorbereidingswerk gee nie, maar prentjies en plakkate kan tot die sukses en impak van die lesse bydrae.
Ons beveel aan dat die idee van die vorige les vinning te herhaal voordat die nuwe les aangebied word. Herhaling bly steeds die beste leermeester.

Ons glo elke kind is ’n God-idee met Godgegewe saadjies van grootheid. U het nou die geleentheid om ’n onvergeetlike bydrae tot jou kind te maak. Geniet die uitdaging!

Toekomstige sterre! Gelukkige en geseënde mense!

Toegewyde volgelinge van Jesus Christus!

Dit is waarheen almal oppad is.

Godseën en sterkte,
Louis Wilsenach en Naomi Bezuidenhout


Hierdie is die fasiliteerders gids jy sal ook die werksboek nodig he: God se Wonderlike Plan vir My Lewe (Graad 2 – Werkboek)


Formaat: druk, sagteband, een kleur
Grootte: 297mm x 210 mm, 107 bladsye
Ouderdom: 7-9 jaar , Graad 2
ISBN: 978-0-9922281-0-1


1 review for Graad 2: Fasiliteerdersgids – God se Wonderlike Plan vir My Lewe

  1. Rated 5 out of 5

    Ek kan die handleiding vir enige mamma of kinderkerk juffrou aanbeveel. Die stories word prakties uiteen gesit, maklik vir mamma en oulik vir die Graad 2 leerling! Sal dit enige tyd aanbeveel, elke kind het nodig om te weet wat God se plan vir hul lewe is!

Add a review

Your email address will not be published. Required fields are marked *