Graad 3: Fasiliteerdersgids – Op Reis na My Toekoms

R180.00

Die lewe is soos 'n yslike lang, wonderlike reistog.

Die eerste groot gebeurtenis in 'n jon9 kindjie se lewe is sekerlik daardie eerste treetjies wat hul gee. Hul eerste treetjies van n leettyd se reistog.

Description

Oorsig

Die lewe is soos ‘n yslike lang, wonderlike reistog.

Die eerste groot gebeurtenis in ‘n jon9 kindjie se lewe is sekerlik daardie eerste treetjies wat hul gee. Hul eerste treetjies van n leettyd se reistog.

Wat ons graag met hierdie kurrikulum wil bereik, is om by kinders die idee te vestig dat die lewe n avontuurlike en allerbelangrike reistog is en dat hulle vir hierdie een-in-‘n-leeftyd gebeurtenis hulself baie goed moet voorberei.

Want hoe beter ‘n mens voorberei en alles reg en gereed kry vir ‘n reistog, hoe lekkerder en meer suksesvol is so ‘n ondervinding.

ln die Woord word daar dikwels verwys na die `weg’, om die regte weë te kies, om wat ookal op ons lewenspaadjie vir ons wag, altyd ons oog op Jesus te hou.

Op elke kind se pad gaan daar verseker ook baie uitdagings wees en selfs storms losbars. Selfs vir hierdie onvoorsiene gebeure moet ons kinders ook toegerus word.

Hoe beter ons ons reis beplan, hoe veiliger en genotvoller sal dit op die ou einde wees. Dit is seer sekerlik wat elke ouer vir sy kind wil he en wat elke kind in die lewe wil bereik.

Ons liewe Vader het vir elke kind ‘n roeping en ‘n eindbestemming beplan en vir elke kind die regte gawes en talente gegee om by die daardie bestemming uit te kom. Daarom moet elke kind ook sy en haar Godgegewe gawes en talente ontdek.

Met die seëninge wat ook in die Skrif vir elkeen beskikbaar is, ook in hulle reistasse gepak, sal elkeen gelukkig en doelgerig by hulle bestemming uitkom.

Wat nog wonderliker is, is dat Vader ook vir elke kind ‘n besondere passie in hulle hart gelê het. ‘n Passie wat pragtig pas by hulle gawes, talente en persoonlikhede. Om elkeen se unieke passie te ontdek, is so goed as om ‘n `GPS’ in ons harte te hê. ‘n `GPS’ wat koers hou en sorg dat ons nie die verkeerde rigtings op ons lewensreis sal inslaan nie.

As ons weet wat ons passie is, kan ons nie die pad byster raak nie!

Ter opsomming: ‘n reistog is ‘n heerlike metafoor om hierdie kurrikulum se wonderlike geestelike waardes en waarhede mee te illustreer en te leer.

Of ons nou vir ‘n piekniek of ‘n vakansie by die see of ‘n naweek by die familie moet inpak, elkeen van ons weet goed wat ons moet saamneem en wat ons nodig sal kry.

Die reistog wat julle kind vandag aanpak, is die belangrikste van hulle hele lewe. Kom ons werk saam om te sorg dat alles en meer wat hulle ooit op hulle lewensreis sal nodig kry in hierdie lewensreistas van hulle ingepak word.

Seënwense vir julle avontuurlike reis saam. Mag ons Vader in die Hemel met genot saam met ons die pad loop.

Godseën en sterkte,
Louis Wilsenach & Naomi Bezuidenhout info.godideas@gmail.com


Hierdie is die fasiliteerders gids jy sal ook die werksboek nodig he: Op Reis na My Toekoms (Graad 3 – Werkboek)


Formaat: druk, sagteband, een kleur
Grootte: 297mm x 210 mm, 89 bladsye
Ouderdom: 8-10 jaar , Graad 3
ISBN: 978-0-9922280-0-2


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad 3: Fasiliteerdersgids – Op Reis na My Toekoms”

Your email address will not be published. Required fields are marked *