Graad 4: Fasiliteerdersgids – Die Wonder van God se Woord

R185.00

Description

Oorsig

Die doelwit met hierdie kurrikulum is om ’n kind lief te maak vir die Woord van God en lief te maak vir God deur die wonder van ons Almagtige Vader aan die kind bekend te maak.

Meer nog, hoop ons om ’n liefde in die kind te kweek om die Woord self te lees. Daarom is daar in elke les die geleentheid geskep vir die kind om die vers wat die meeste tot hom of haar spreek in die werkboek neer te pen.

God se Woord is lewe

Met die lees van die Woord kan en mag die Heilige Gees iets besonders in die skrifgedeeltes uitlig wat spesifiek tot die kind sal spreek. Wanneer God met ons praat, is dit baie belangrik om dit wat Hy sê neer te skryf en daarom wil ons die gewoonte van vroeg af
begin kweek deur die kind te vra om daaroor te skryf. So moedig ons in hierdie lesse die kind aan om die Bybel as Lewende Woord te leer ervaar.

Die wonder van die Woord

  • Hierdie kurrikulum is ook geskep om die wonder van die Woord op verskeie maniere aan die kind te openbaar:
    Die wonder van hoe die Ou en Nuwe Testamente mekaar aanvul.
  • Die wonder van die ooreenkomste in die lewens van bekendes in die Ou Testament met dié van Jesus.
  • Die wonder van wonderwerke in die Ou en Nuwe Testamente.

Die ontwikkeling van die kind

Kinders tussen die ouderdomme van 9 en 12 is in besonder geestelik gereed om geanker te word in die Waarheid. Teen die tyd dat hul 13 jaar oud is, word hul geloof ’n ewige waarde in hulle lewens. Joodse seuns en dogters bereik juis hul volwassenheid op hierdie
ouderdom en hierdie gebeurtenis word gevier met hul Bar Mitsvah. So ’n Joodse kind bly lewenslank getrou aan die Joodse geloof en tradisies.

Die kern van die Les

Kinders moet self die krag van die Woord ontdek. Die lesse word op so ’n manier aangebied dat die kind ’n eie Bybel moet besit, want hulle moet self oplees en verse uitlig, selfs onderstreep wat hulle tot hulle spreek. Die kind word gevra om die Woord te lees en in
verband met die les te bring. Die doel is om die Woord ’n realiteit en deel van hulle lewe te maak.

‘n Geseënde reistog

Jou kind staan op die drumpel van volwassewording … jou dogter, jou seun staan voor die oop deur van die lewe in hierdie wêreld met al sy uitdagings. Ons glo hierdie is die jaar en die seisoen in ’n kind se lewe wat hy en sy in Sy Woord geanker moet word. Dit is die
anker wat hulle gaan beveilig en bewaar teen die woeste versoekinge, storms en wêreldse uitdagings wat op hulle wag.

Die Wonder van God se Woord gaan hulle heil en kompas wees. Hierdie is ’n wonderlike jaar en geleentheid om jou kind finaal lief te maak vir God en te anker in God se liefde en veilige hande.

Godseën en beste wense.
Louis Wilsenach en Naomi Bezuidenhout


Hierdie is die fasiliteerders gids jy sal ook die werksboek nodig he: Die Wonder van God se Woord (Graad 4 – Werkboek)


Formaat: druk, sagteband, een kleur
Grootte: 297mm x 210 mm, 85 bladsye
Ouderdom: 9-11 jaar, Graad 4
ISBN: 978-0-9922283-5-4


Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Graad 4: Fasiliteerdersgids – Die Wonder van God se Woord”

Your email address will not be published. Required fields are marked *